FC Dynamo Kijif

FC Dynamo Kijif (Oekraïens: ФК Динамо Київ) is 'n Oekraïense sokkerklub in Kijif wat in die Premjer Liha (die hoogste Oekraïense sokkerafdeling) speel. Die span speel sy meeste tuiswedstryde in die Lobanovsky-stadion (kapasiteit: 17 000 toeskouers), maar sy belangrike wedstryde in die Olimpiese Stadion van Kijif, wat met 70 000 sitplekke 'n baie groter kapasiteit het. Dynamo was in die tyd van die Sowjetunie die beste span in die Sowjet Top Liga gewees, met 13 kampioenskappe. Ook het die span as enige Sowjetklub Europese bekers gewen: twee keer die Bekerwenner-beker. Sedert die Oekraïne 'n eie kompetisie het, het Dynamo met ook 15 kampioenskappe die meeste titels en is die span by verre die gewildste span van die land. Slegs Sjachtar Donetsk is 'n mededinger in hierdie kompetisie.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search